WINKEL
stapels netjies en reghoekig te hou . Die pulplaag wat tussen vrugte gebruik word , help ook om seker te maak dat vrugte ongeskonde by hul eindbestemming afgelaai kan word .”
“ Ons moet in gedagte hou dat party van die houers met die hand gepak word , terwyl ander weer in geoutomatiseerde aanlegte gebruik word . Verder word sommige van die houers per hand op palette of in trokke gepak , terwyl ander met masjiene hanteer word . Ons gesels met ons klante sodat ons die regte houer vir die regte doel kan aanbeveel ,” sê Charles .
Deurskynende plastiekhouers in elke vorm en grootte word vir die verpakking van kersies , bessies , en druiwe aangehou . Produsente kan ook kies tussen sakke van allerhande groottes vir groente soos uie , wortels , aartappels , rissies en soetrissies .
Baie van die materiaal wat vir
verpakkingsprodukte gebruik word , is omgewingsvriendelik en is of gemaak van herwonne materiaal , of dit is geskik vir die herwinningsiklus . Selfs die tou wat gebruik word om tamatie- en groenrissie-opleilyne te span , is van so ʼ ’ n aard dat dit ná ’ n ruk verbrokkel en tot fyn stof afbreek sou dit in die omgewing beland .
Charles en sy span lewer nie net ‘ n verkoopdiens nie . Omdat die takke deel is van die KAL Group en Agrimark-familie , word produsente ook bygestaan met finansiering deur middel van seisoenfasiliteite . “ Klante kan insette soos saad , kunsmis of gewasbeskermingsprodukte direk by die verskaffer van hulle keuse bestel . Deur middel van die produsent se kredietfasiliteit word die fakture deur ons gekanaliseer en faktureer ons dan die klant eenmalig of maandeliks vir al sy insetkoste ,”
8 .
8 . Een van Cedric Ralepelle se take , is om stapels verpakkingsmateriaal met die vurkhyser tussen rakke in die stoor en trokke te laai sodat dit vervoer kan word en by klante afgelewer word .
49 MARKtoe ! Julie 2023