WINKEL
7 .
7 . Die groenteprodusente in die omgewing gebruik baie tou – vir verpakking , asook om die groente op te lei . Die omgewingsvriendelike tou verbrokkel in die son wat verhoed dat plastiek waarin voëls en ander diere verstrengel kan raak , in die natuur agterlaat word .
die hartjie van die vrugte- en groenteboerderye geleë is . Die twee takke bedien produsente in Polokwane , Soekmekaar , Mooketsi , Modjadjiskloof , Politsi , Magoebaskloof , Tzaneen , Letsitele , Giyani , Gravelotte , Hoed-spruit en Ohrigstad . Die Tzaneen-tak verskaf gemiddeld 2,8 miljoen kartonhouers per jaar aan produsente .
“ Hoewel baie van die houers wat ons verskaf op die sitrusmark gefokus is , verkoop ons ook verpakking vir onder meer avokado ’ s , piesangs , mango ’ s , lietsjies , neute , en bloubessies , asook ‘ n wye reeks groente , soos groenrissies , aartappels en wortels . Ons bedien ook al ons klein of groot eierprodusente in die gebied met eierhouers van verskillende groottes .”
Daar is egter baie meer betrokke as net verpakkingshouers – dis ’ n hele wetenskap op sy eie .
Charles verduidelik dat hulle verpakkingspesialiste is wat verstaan hoe verpakking kan bydra tot ‘ n produsent se winsgewendheid en hoe dit verbruikers se aankooppatrone kan beïnvloed . “ Ons het doelvervaardigde verpakkings vir vrugte en groente . Ons het ook produkte soos hoekstutte wat op die hoeke geplaas word om die houers te verstewig en langer hoekstutte wat gebruik word wanneer houers op mekaar gestapel en toegedraai word om op palette vervoer te word . Hierdie stutte help om die
48 MARKtoe ! Julie 2023