MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 47

WINKEL

plastiekhouers en eierhouers tot tou , draad en ander materiaal wat nodig is om verpakking te verstewig en te verseël .

“ Omdat die landboubedryf seisoenaal is , is ons daarop bedag om betyds die regte verpakkingsmateriaal beskikbaar te hê . Die verpakking wat ons verskaf , is geskik om produkte op ons plaaslike markte te lewer , maar voldoen ook aan die vereistes wat vir uitvoermarkte gestel word . Ons moet ook voorbereid wees op veranderinge in die markomgewing en seisoenswisseling sodat ons die beste diens aan ons klante kan lewer . Ons moet van ons kant af verseker dat die produsent se produk veilig by die bestemde mark aankom .”

Hy vertel dat een van sy klante

gedurende die wintermaande mango ’ s aan die mark lewer . “ Weens die ligging van sy plaas , kan dié klant buite die seisoen mango ’ s aan hotelle en die uitvoermark lewer . Omdat die vrugte buite

Agrimark Packaging is een van die grootste verskaffers van landbou-pakmateriaal in die land .

seisoen geproduseer word , het dit ’ n geweldige hoë markwaarde . Buiten dat ons moet sorg dat daar verpakkingsmateriaal vir hom beskikbaar is , moet dit ook aan sy spesifieke behoeftes voldoen .” Volgens Charles is dit baie voordelig dat die twee takke in

47 MARKtoe ! Julie 2023