WINKEL
4 . 5 .
Die waardevolle vrugte en groente wat met sorg deur produsente verbou word , verdien verpakking wat verseker dat dit aantreklik en ongeskonde in kruidenierswaentjies gepak kan word . Dwarsdeur die waardeketting baat almal daarby as produkte soos sitrus , subtropiese vrugte , groente en neute netjies en veilig verpak , vervoer en verkoop kan word .
Dit is in hierdie bedryfsgleuf waar Agrimark Packaging in Tzaneen ’ n waardevolle rolspeler is .
Agrimark Packaging is een van die grootste verskaffers van landboupakmateriaal in die land .
Volgens Charles Tosen , wat aan die stuur van Agrimark Packaging se takke in Tzaneen en Hoedspruit staan , verskaf hulle ‘ n volledige reeks varsproduk-verpakkings vir gebruik in die vrugte- en groentebedryf . Die aanbod wissel van kartonhouers , papier en geweefde sakkies ,
6 .
4 . Aartappels van verskillende grootte word in sakkies van verskillende grootte verpak en daar is ‘ n groot verskeidenheid waaruit produsente kan kies .
5 . Porcia Ramaila wys die gaassakkies wat vir veral groente gebruik word . Verskillende groottes in verskillende kleure is beskikbaar om by die grootte en vorm van die produk te pas en om aan die behoeftes van die produsent en die koper te voldoen .
6 . Materiaal waarmee verpakking toegemaak word , word ook verskaf . Die draad waarmee aartappelsakkies byvoorbeeld toegedraai word , word in bondels aan produsente verkoop .
46 MARKtoe ! Julie 2023