MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Página 45

WINKEL
1 .

Meer as net verpakking

Wanneer mens oor die Magoebaskloof afsak na die noordelike deel van die Laeveld , kan jy jou maklik verbeel dat jy nou in Kanaän is . Bykans al wat ’ n vrug is , word in hierdie vrugbare deel van die land verbou .
Deur Magda du Toit | Fotografie : Helenus Kruger
2 .
3 .
1 . Die span wat verantwoordelik is dat sake glad verloop by Agrimark Packaging in Tzaneen , is , van links : Porcia Ramaila , Benston Ngobeni , Sonet Tosen , Peter Mola , Charles Tosen , Cedric Ralepelle en La Rochelle Moolman .
2 . Charles Tosen staan aan die stuur van beide Agrimark Packaging se takke in Tzaneen en Hoedspruit . Hulle ondersteun produsente in Polokwane , Soekmekaar , Mooketsi , Modjadjiskloof , Politsi , Magoebaskloof , Tzaneen , Letsitele , Giyani , Gravelotte , Hoedspruit en Ohrigstad .
3 . Verpakkingshouers van verskillende groottes wat aan vrugte- en groenteprodusente se vereistes voldoen , is by Agrimark Packaging in Tzaneen beskikbaar . Dit verseker ’ n eenstopwinkel met alle materiaal om produkte mark of winkel toe te stuur .
45 MARKtoe ! Julie 2023