MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Seite 42

LANDBOU

bestuur moet word . Hy sê bessies hou van suurgrond en hulle fokus dus op die pH-waarde van die grond as deel van hulle regstelling . “ Elke keer wanneer die bessies water kry , word daar ook vloeibare kunsmis toegedien . Ons doen ook blaarontledings sodat ons gereeld die nodige regstelling kan doen .”

Omdat hulle meeste van die bessies uitvoer , is die onthoudingperiode van chemiese plaagbeheertoedienings baie belangrik . Maar dié vereistes ten opsigte van meervoudige liniêre regressie ( MLR ) maak dit moeilik om insekte te beheer . “ Ons het al hoe minder middels wat ons kan gebruik om

sekere insekte te beheer . Biologiese beheer werk goed in die Kaap , maar hier by ons het ons baie meer insekte as gevolg van die warmer winters . Die natuurlike vrugte wat in die omgewing voorkom , soos maroelas , kompliseer ook ons insekbeheer ,” sê hy

Ḋit is nie net insekte wat probleme skep nie . Ape en voëls laat nie die geleentheid om lekker te eet verbygaan nie en volgens Albert hou duikers en koedoes weer baie van die jong plantjies en groen lote aan die begin van die seisoen .

Die kleur en grootte van die bloubessies bepaal die gewildheid en speel ook ’ n groot rol in die prys

1 .
1 . Bloubessies word tans op 45 ha onder skadunet geproduseer . Skadunet is onlangs ook op ‘ n verdere 17 ha opgerig en eersdaags sal daardie bessies ook in produksie kom . Die hoeveelheid bessies onder skadunet , sal dan in totaal 62 ha wees .
42 MARKtoe ! Julie 2023