MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 41

LANDBOU
1 .

Bloubessies is baie afhanklik van goeie bestuiwing en daarom bring Kruger Berries addisionele korwe tydens die bestuiwingstydperk in .

“ Ons kan nie bloubessies produseer sonder bye nie . Hoewel dit ‘ n groot deel van ons insetkoste uitmaak , kan ons nie bekostig om nie byekorwe in te kry nie ,” sê Albert .

Hulle plaas elke 21 dae 12 korwe per hektaar wat beteken dat daar 540 korwe in totaal tydens ‘ n siklus onder die nette is . “ Ons het 3 siklusse per seisoen . Die mense wat die bye voorsien , moet dus net vir ons plaas 1 620 korwe beskikbaar hê . Dieselfde korf kan nie net geskuif of geroteer word in hierdie opset nie .” Op ’ n bessieplaas moet die bye hard werk . Die bloubessieblommetjies is effens toegeknyp aan die bokant en dit verg dat ’ n paar bye een blommetjie moet besoek om dit behoorlik te bestuif . Bestuiwing bepaal die vruggrootte , kwaliteit en tot ’ n mate ook die kleur van die bessie . Teen ’ n koste van R27 per dag per korf beteken dat elke hardwerkende by baie waardevol is – nie net oor die koste nie , maar ook vir hul bydrae ten opsigte van produksie .

Volgens Albert is grondgesondheid ‘ n kritiese aspek wat noukeurig

1 . Die plukkers moet versigtig te werk gaan om nie die ander vrugte aan die bosse te beskadig wanneer die ryp bessies gepluk word nie .
41 MARKtoe ! Julie 2023