MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Página 40

LANDBOU

Vandag is 45 ha in produksie met ’ n gemiddelde opbrengs van 10-20 t bloubessies per hektaar . “ Hier in die noorde van die land begin die bessies in April blom en dit hou aan tot in Junie . Ons begin in Junie pluk en die plukseisoen duur tot in September ,” verduidelik Albert Smith , die algemene bestuurder van Kruger Berries .

“ Op die oomblik het ons 62 ha onder skadunet hoewel al die blokke nog nie vrugte produseer nie .” Albert sê die aanvanklike koste om die nette op te rig , is nogal hoog , maar die feit dat dit ongeveer 10 jaar lank hou en die voordeel van die mikroklimaat wat onder die nette

geskep word , maak dit die moeite werd .

“ Ons seisoen is so bietjie vroeër as die res van Suid-Afrika , wat beteken dat ons so drie maande vroeër in die mark is . Dit bied aan ons ’ n baie kompeterende voordeel ,” meen Albert .

Bloubessies blom aanhoudend in hul reproduktiewe stadium wat beteken dat die plante tegelyk blomme en vrugte dra . “ Dit maak die plukproses ingewikkeld . Mens moet versigtig pluk omdat die vruggie nie beskadig moet word nie . Ons pluk ook vroeg in die oggend , want later , as die son lekker skyn , is die bye baie aktief .”

1 .
1 . Omdat bloubessies aanhoudend in hul reproduktiewe stadium blom , beteken dit dat al die vrugte op die plante nie gelyktydig ryp word nie . Die plukspanne moet dus ’ n paar keer deur die tonnels gaan om bloubessies te pluk .
40 MARKtoe ! Julie 2023