MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 39

BLOUBESSIEPRODUKSIE IN DIE BOSVELD
LANDBOU
1 .

BLOUBESSIEPRODUKSIE IN DIE BOSVELD

Kruger Berries is deel van Winterwood Farms wat internasionaal plase besit en vrugte produseer .

Die naam Kruger Berries is ontleen aan die feit dat die plaas nie ver van die Krugerwildtuin geleë is nie . Dié 492 ha plaas is tussen Tzaneen en Letsitele met 100 ha wat vir bloubessieproduksie opsygesit is . Die oorblywende 392 ha wat die produksie-area omring , is steeds natuurlike bosveld met sebras , kameelperde , blouwildebeeste en rooibokke wat die veld natuurlik onderhou .

Die plaas was aanvanklik drie aparte eenhede wat in 2015 aangekoop is met die plan om 100 ha bloubessies aan te plant . Terugslae is deel van landbou , en planne werk nie altyd uit nie . In 2018 en 2019 het dié deel van die Limpopo-omgewing ʼ ’ n geweldige droogte beleef en kon die uitbreiding nie plaasvind soos beplan nie .

1 . Ruan Erasmus , produksiebestuurder ( links ) en Albert Smith , algemene bestuurder van Kruger Berries besig met ‘ n algemene gewasopname .
39 MARKtoe ! Julie 2023