LANDBOU
1 .
waardetoevoeging . Smaak speel ’ n groot rol , net soos in die wynbedryf . As mense nie van die koffie hou nie , gaan hulle dit nie koop nie .”
Elke stap in die koffieproduksieproses speel ’ n rol in die smaak van die eindproduk . “ Mens kan die beste bone lewer , maar as daar ‘ n fout insluip wanneer die bone gedroog , verwerk of gerooster word , sal die eindproduk nie die verbruiker beïndruk nie . Omdat alles so inmekaar gevleg is , het ons besluit om beheer te neem van die totale produk – van plant tot die finale koppie koffie .”
“ Die belangrikste aspek van koffieverbouing is waardetoevoeging .”
Allesbeste se koffie word onder die Krabbefontein-handelsmerk verkoop . Die grond waarop Allesbeste en Merensky Hoërskool staan , vorm deel van die oorspronklike Krabbefontein-plaas waar daar in die laat 1800 ’ s ’ n landbounavorsingstasie was . Allesbeste het ook in die beginjare hul sitrus onder die Krabbefontein-handelsmerk verkoop . “ Ons het besluit om Krabbefontein ter herinnering aan ons plaas se geskiedenis te gebruik ,” verduidelik Zander baie trots .
1 . Matt Carter is in beheer van Allesbeste se koffieproduksie en verwerking en hier wys hy hoe ‘ n mens koffie moet proe , oftewel , slurp . Dit gaan oor die geur , die smaak en die balans .
38 MARKtoe ! Julie 2023