LANDBOU
toestande word die koffiekersies vinniger maar meer onegalig ryp . Die kersies verkleur van groen na ’ n helder rooi en daarna ’ n diep of donker rooi , afhangend van die graad van rypheid . Slegs die ryp kersies word met die hand gepluk en dit is ’ n arbeidsintensiewe proses . Zander wys daarop dat hoewel 1 ha koffiebome ’ n totale opbrengs van 3,5 t / ha kan lewer , dit nie op een dag geoes word nie . Die kersies word oor ’ n tydperk van 6-7 maande gepluk met intervalle van 10 dae tussenin .
“ Gelukkig het ons nie baie siektes en peste wat pla nie . Koffie is ook meer gehard as byvoorbeeld avokado ’ s . Die kafeïen in die plant se blomme tree as ’ n natuurlike insekafweermiddel op , maar lok steeds belangrike bestuiwers soos bye ,” sê hy .
Om die koffie teen die berghellings te plant , is nie maklik nie en volgens Zander volg hulle twee benaderings . Die eerste is om terrasse uit te lê wat dit makliker maak vir die arbeiders om die koffieplantasies te bestuur . Die tweede benadering is om ou avokadoboorde te benut en die koffie op die uitvalle of oop spasies in die boorde aan te plant . Die hellings bied die voordeel van meer sonlig wat deur die plante benut kan word , maar aan die anderkant bied die ou boorde weer skadu wat baie voordelig is vir koffieproduksie . “ Die belangrikste aspek van koffieverbouing is
1 .
1 . Lina Makgobathe staan altyd gereed om ‘ n vars koppie boeretroos te maak .
37 MARKtoe ! Julie 2023