1 . Die koffieproelokaal en restaurant by Krabbefontein . Hier kan mens rustig kom sit en kuier terwyl die kinders buite baljaar . Remé Anderson is die gasvryheidsbestuurder by by die restaurant . soortgelyk aan die areas in die wêreld waar die beste koffie geproduseer word . “ Ek dink ons koffie is van die wat die hoogste in Suid-Afrika geplant word .”
“ Hoewel dit duurder is om te produseer op dele wat hoog bo seevlak lê , dra die stadiger en meer egalige rypwordingsproses by tot ’ n makliker oesproses . Arbeid is die duurste gedeelte van koffieproduksie en omdat dit so duur is om koffie te oes , moet ek verseker dat ander kostes binne perke bly . Ek jaag egter nie opbrengs na nie en fokus eerder op kwaliteit ,” sê Zander .
Dit neem ongeveer 3-4 jaar vir ’ n koffieboom om in produksie te kom . Die koffieboom dra gelyktydig blomme en vrugte en behalwe dat dit die oesproses meer ingewikkeld maak , rek dit ook die seisoen uit . Onder warm