MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | 页面 35

LANDBOU

Liberica . Ongeveer 75 % van alle koffie wat geproduseer word , is Arabica .

Om in sy eie aanvraag te voorsien en om te verseker dat hy net die beste produk lewer , het hy met navorsing begin en hy toets tans verskillende lyne en kultivars onder verskillende toestande . Volgens hom is dit nie duur om nuwe plantjies te kweek nie omdat die bome maklik groei en gehard is .

Die meerderheid van die 800 koffiebome by Allesbeste is van die F6-variëteit van die Arabicafamilie . F6 word bestuur as ’ n semi-dwergboom wat dit makliker maak om te oes . Dit bied ook weerstand teen roes .

Meeste van die wêreld se

koffie word in die sogenaamde koffiegordel tussen die Steenboken Kreefskeerkring geproduseer . “ Hoewel koffie in bykans enige rypvrye area sal groei , is goed gedreineerde grond en temperatuur krities . Hoogte bo seespieël bepaal die suurinhoud . Suurheid word normaalweg nie met koffie geassosieer nie , maar tog gee die suurinhoud in koffie die unieke smaak , net soos wyn ,” sê hy .

Dit is egter nie net hoogte wat belangrik is nie , verduidelik Zander , maar ook die breedtegraad omdat beide ’ n invloed op temperatuur het . Zander plant sy koffie op dele wat tussen 950 tot 1 250 m bo seevlak en op ’ n breedtegraad van 23 grade is . Hierdie dele skep ’ n mikroklimaat

1 .
1 . Koffiebone is eintlik die groen saad van die koffiekersie . In elke kersie is twee groen sade wat geprosesseer , gedroog en gerooster word voordat dit koffie word . Cascara is ’ n soort tee wat van die koffiekersies se gedroogte vruggedeelte gemaak word
35 MARKtoe ! Julie 2023