MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 33

LANDBOU

Die hoëdigtheidsboorde word teen 1 250 bome per hektaar met ’ n spasiëring van 4 x 2 m geplant . Hulle gebruik gereguleerde laevloei-drupbesproeiing teen 1 l / ha vloeitempo . Die druplyne word 500 mm van mekaar af geplaas met druppers op 500 mm intervalle . “ Hoewel ons met hierdie produksiestelsel meer vrugte oes en uitpak , het ons gevind dat ons in werklikheid minder water gebruik . Ons kan nou meer met minder produseer en dis vir ons die regte rigting met die oog op volhoubare produksie .”

Allesbeste spog ook met een van die top avokado-kwekerye in die land . Die kwekery is ten volle geakkrediteer by SA Avokadokwekers-vereniging en hul 5-ster gradering dien as erkenning vir die boompies van uitstaande gehalte wat gelewer word . Volgens Zander is hulle doelwit om die leier in die produksie van hoëgehalteboompies en -onderstamme te wees .

Die kwekery gebruik ’ n mikrokloontegniek wat in die 1990 ’ s met sukses kommersieel geïmplementeer is . Dié kwekery is een van twee kwekerye in die wêreld wat hul eie kloontegniek ontwikkel het .

“ Die tegniek is duurder as party van die ander metodes en dis ook meer arbeidsintensief , maar die gehalte van die boompies is net

1 . Net soos met wyn , speel terroir ’ n belangrike rol in koffieproduksie . Die eienskappe , geur en smaak word bepaal deur die omgewing waar die koffie geproduseer word .
1 .
33 MARKtoe ! Julie 2023