MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Seite 32

LANDBOU
1 .

“ Ons pas mikrobestuur in ons boorde toe waar alles tot in die fynste besonderhede beplan en bestuur word . Die semi-dwergtipe Maluma pas uitstekend by ons stelsel .” In ooreenstemming met hulle wetenskaplike manier van boer , het Zander oorgeskakel na hoëdigtheid-aanplantings en in 2015 ook met die opleiding van avokado ’ s op priële . Die eerste proeflopie het uit 30 bome bestaan , maar ná die eerste seisoen het hy gesien dat hy dit moet vergroot . Op die oomblik word ongeveer 32 ha onder hierdie sisteem verbou .

Die groeiwyse van die boom maak dat dit , soos appel- en peerbome , opgelei kan word . Die takke groei teen ’ n 90 ° -hoek aan die stam en omdat dit so goed dra , kan die takke maklik onder die gewig van die vrugte afskeur . Wanneer die takke opgelei word , word dit verhoed en kan meer sonlig ook die binnekant van die bome bereik .

1 . Ongeveer 3 tot 4 weke ná die enting begin hulle bot en word hulle onder ’ n konstante temperatuur van sowat 25 ˚ ° C in ’ n donkerkamer geplaas .
32 MARKtoe ! Julie 2023