MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 31

LANDBOU

Allesbeste is sinoniem met Maluma , die enigste avokadokultivar wat as eg Suid-Afrikaans beskou kan word . “ Die afgelope dertig jaar het die meeste nuwe avokadokultivars uit Kalifornië gekom en was die registrasie van Maluma groot nuus en ’ n pluimpie vir Suid-Afrika . Sedert Allesbeste in 2004 planttelersregte en kort daarna uitvoerstatus gekry het , word dit in bykans al die avokadoproduserende lande in die wêreld aangeplant – van Peru tot Chili , Colombia , Meksiko , Spanje , Israel , Indië en die Filippyne ,” vertel Zander .

Die Maluma-kultivar is in die vroeë 1990 ’ s deur Dries Joubert op sy plaas Maluma in Levubu ontdek .

Hy het die kultivar na die Allesbeste-kwekery gebring waar dit onder die kennersoog van wyle dr André Ernst geëvalueer is .

Zander gee ’ n vinnige les oor die vrug . “ Maluma is uitstekend aangepas vir Suid-Afrika se plaaslike omstandighede en is geskik vir ’ n verskeidenheid mikroklimate – van Weipe in die verre noorde tot onder in die Suid-Kaap . Dit is ook geskik vir hoëdigtheid-aanplantings en kom gou in produksie wat beteken dat boere binne twee tot drie jaar volproduksie kan behaal en gouer ’ n opbrengs op hul belegging verdien . Die vrugte is groot met ’ n natuurlike , kleiner pit en benewens die smaak , beskik Maluma oor ‘ n uitstekende rakleeftyd .”

1 .
1 . Allesbeste se kwekery is sowat 40 jaar gelede deur wyle dr André Ernst begin . Vandag propageer die kwekery jaarliks meer as 200 000 boompies wat wêreldwyd aan produsente voorsien word .
31 MARKtoe ! Julie 2023