MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 30

LANDBOU
1 .

en -stelsels wat Edrean en sy span self ontwikkel en uitbrei . “ Daar is baie inligtingstelsels in die landbou , maar min daarvan vorm ’ n totale eenheid . Dit beteken dat ’ n boer een stelsel vir produksie , bemesting en grondgesondheid het , een wat die besproeiingskedule beheer , en ’ n ander een wat help met personeel en besoldiging . Dit is moeilik om jou hand op alles te hou as daar nie ʼ ’ n oorkoepelende stelsel is waarop mens alle data kan invoer en waaruit mens data kan trek nie ,” sê Edrean .

“ Ons harte lê hier op die plaas en hoewel ons op verskillende aspekte van die boerdery fokus , vul ons mekaar ongelooflik aan .”

Hy is nou op die punt om die stelsel wat hy ontwikkel het , by ’ n paar produsente te toets . “ Natuurlik is dit nie ’ n volmaakte stelsel nie omdat elke boer en boerdery se behoeftes verskil . Maar met klein aanpassings kan mens een stelsel implementeer wat uniek vir elke boerdery sal wees , maar wat bestuur heelwat kan vergemaklik . Die programmeringsdeel van die boerdery is die volgende afdeling wat eersdaags op sy eie bene gaan staan . Produsente wat belangstel , kan gerus met my gesels ,” nooi Edrean .

1 . Allesbeste se kwekery maak gebruik van ’ n mikrokloontegniek om nuwe boompies te kweek wat ongeveer 5 maande neem .
30 MARKtoe ! Julie 2023