LANDBOU
foute te leer . “ Só groei mens en pas mens ook by omstandighede aan .”
Volgens die twee broers is hulle juis nou in ’ n moeilike fase van die avokadobedryf . Verlede jaar was die pryse laag en hierdie jaar is die produksie nie na wense nie . “ Ons het ’ n moeilike seisoen agter die rug . Maar ekonomiese omstandighede dwing jou om anders na sake te kyk . Landbou is siklies en mens moet voortdurend daaraan werk om jou vastrapplek te behou . Maar dit is ook lekker om terug te kyk en te sien dat planne wat mens gemaak
of aangepas het , gewerk het . Mens moet net nooit te gemaklik raak nie .” “ Wanneer dit goed gaan , fokus mens op produksie-uitsette , diversifisering en uitbreiding . Maar wanneer die dinge begin knyp , word mens tot stilstand gebring en gedwing om indringend na die boerderybelange en -praktyke te kyk . Dit is dan wat ons na die tekenbord terugkeer en ons planne hersien of nuwe planne optrek .”
Een van die dinge waarmee hulle waarde tot die boerdery toevoeg , is die rekenaarprogramme
1 .
2 .
1 & 2 . Avokado ’ s vorm die kern van die Allesbeste-boerdery . Die padstal verkoop hulle avokado ’ s en ander verwerkte produkte soos avokado-olie wat vir die gesondheid- en skoonheidswaarde bekend is .
29 MARKtoe ! Julie 2023