LANDBOU
1 .
hoewel ons op verskillende aspekte van die boerdery fokus , vul ons mekaar ongelooflik aan . Ons kyk uit verskillende hoeke na ’ n saak en dit is hierdie uiteenlopende benaderings wat ons help om met innoverende oplossings tevore te kom . Om uit twee verskillende hoeke na ’ n saak te kyk , gee ’ n beter perspektief en help met beter besluitneming . Verder glo ons in deeglike navorsing . Alles is op navorsing geskoei omdat dit ons in staat stel om te verbeter en uitdagings te oorkom ,” verduidelik Zander .
Nog iets wat volgens die broers baie belangrik is , is kommunikasie . “ Deur gereeld met mekaar te praat , bly mens voortdurend op hoogte van sake en kan brandpunte ook makliker onderskep word ,” voeg Zander verder by .
Om skielik die leisels van die boerdery oor te neem , was nie maklik nie , maar twee jaar later kan hulle met tevredenheid terugkyk . “ Ons moet verseker dat die kernbesigheid , die avokado ’ s en die kwekery , gesond bly . Gelukkig is entrepreneurskap van kleins af by ons ingeprent en hou ons daarvan om vindingryk te wees . Ons kyk altyd hoe ons beter waarde kan toevoeg en glo dat ons aanhoudend moet aanpas en innoveer . Ons hou aan droom ,” sê Zander .
Hy voeg by dat daar terugslae is en meen dit is krities om uit jou
1 . Zander Ernst by Maluma-avokado ’ s op die plaas Allesbeste
28 MARKtoe ! Julie 2023