MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 27

LANDBOU

Aanvanklik is hier sitrus geplant maar in die 1960 ’ s moes Chicot Ernst , Adelbert se seun , noodgedwonge al die sitrusbome op die plaas uittrek weens vergroeningsiekte . Dit was die begin van die avokado-boerdery . In die 1980 ’ s het dr André Ernst as derde geslag by die boerdery aangesluit en die moderne avokado-kwekery wat hy begin het , het die boerdery tot nuwe hoogtes geneem .

Avokado ’ s is vandag steeds die hoofbesigheid en die boerdery produseer sowat 2 250 ton avokado ’ s per jaar .

Die res van die boerdery bestaan

uit bloekomplantasies , piesangs , lietsjies , macadamianeute , draakvrugte ( dragon fruit ) en koffie .

Allesbeste is in 2016 as die Landbouskrywers SA se Nasionale Boer van die Jaar gekroon .

Ná die afsterwe van hulle pa aan COVID-verwante komplikasies in 2020 , het sy twee seuns , Edrean en Zander , die leisels oorgeneem en bou hulle voort op dit wat die vorige drie geslagte nagelaat het .

Zander , die direkteur van bemarking en produksie , meen die feit dat sy en Edrean se geaardhede baie verskil , eintlik ’ n goeie ding is .

“ Ons harte lê hier op die plaas en

1 .
1 . Die Maluma-kultivar is in die vroeë 1990 ’ s ontdek . In 2006 het dié eg Suid-Afrikaanse avokado-kultivar volle uitvoerstatus ontvang en vandag word dit wêreldwyd geproduseer .
27 MARKtoe ! Julie 2023