MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 26

ALLESBESTE-BOERDERY - Broers bou voort aan drome
LANDBOU
1 .

ALLESBESTE-BOERDERY - Broers bou voort aan drome

Die Ernst-familie staan al dekades aan die voorpunt van avokadonavorsing en -ontwikkeling in Suid-Afrika . Edrean en Zander is die vierde geslag boere .

Die boerdery strek oor verskeie plase tussen Tzaneen en Modjadjiskloof en spog met interessante name soos Allesbeste , Avondshoek , Humor , Hansfontein , Vischnaagd en Krabbefontein .

In 1927 het dr Adelbert Henry Ernst , ’ n Britse burger uit destydse Ceylon ( nou Sri Lanka ) na Suid-Afrika geïmmigreer . As jong seun het die boerekrygsgevangenes wat ná die Tweede Vryheidsoorlog of Anglo- Boereoorlog na Ceylon gebring is , sy nuuskierigheid oor Suid-Afrika geprikkel . Nadat hy tydens die Eerste Wêreldoorlog as dokter diens gedoen het , het hy sy militêre pensioen gebruik om die 200 ha plaas te koop net buite Tzaneen waar Allesbeste se hoofkantoor vandag is .

1 . Edrean en Zander Ernst is die vierde geslag van die Ernst-familie wat in die Tzaneen-omgewing boer
26 MARKtoe ! Julie 2023