MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 25

LANDBOU

Hannes hou in September ’ n rissie-boeredag op sy plaas wat deur sowat 70 boere bygewoon word en hy het ook ’ n WhatsApp-studiegroep gestig waar enigiets oor rissieproduksie bespreek word .

Sy raad aan ander jong boere is om baie aandag aan beplanning te gee . “ Mens kan nie blindelings besluite neem nie . Verder moet mens altyd ’ n oog hou op die behoeftes van die verbruiker en onthou dat die verbruiker goeie kwaliteit vereis . Maar mens moet jou ook nie blind staar teen die huidige nie . Hou jou oog op moontlike geleenthede en hou aan om te droom .”

Hannes sê hy geniet dit ongelooflik baie om buite op die plaas en in die natuur te werk . “ Om te sien hoe die natuur van seisoen tot seisoen verander , is ’ n groot voorreg en ek wil dit graag met my kinders deel .”

1 .
1 . Rissies vorm deel van die Solanaceae-familie wat tamaties , aartappels en eiervrugte insluit . Die aanvraag groei , maar die mark stel hoë vereistes vir die groentesoort .
25 MARKtoe ! Julie 2023