MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 24

LANDBOU

Volgens Hannes het die Jongboerkompetisie ’ n paar deure vir die boerdery oopgemaak , veral ten opsigte van leweringskontrakte . Dit het hulle in staat gestel om verder uit te brei . “ In die begin het ons ons eie kapitaal in die boerdery belê . Ons het klein en nederig begin en geleidelik uitgebrei . Vandag is ons geseënd en steeds in staat om ons eie geld in ons kapitale uitbreidings te belê .”

Wat die uitbreiding oor die volgende 5 tot 10 jaar betref , wil Hannes steeds fokus op uitbreiding asook die kwaliteit van die produkte wat hulle lewer . “ Ons sal ons pakhuis ook nog moet uitbrei as ons produksie toeneem .”

“ Mens bou nie ’ n goeie reputasie oornag op nie . Ons moes hard stoei om in die markte te kom en hoewel sake effens makliker is ná tien jaar , is daar steeds uitdagings . Dit is een van die redes waarom ons onlangs ons eie vervoerbesigheid begin het . Ons was altyd aan die genade van vervoerkontrakteurs uitgelewer en het min beheer gehad oor daardie deel van die besigheid . Ons het gevoel ons kan ons klante en markte beter bedien as ons meer beheer het oor die vervoer van ons produkte . Vervoer vorm dus nou deel van ons besigheidsmodel . Swak lewering kan die reputasie wat ons jare geneem het om te vestig , binne minute groot skade berokken .”

24 MARKtoe ! Julie 2023