LANDBOU
Wat beplanning betref , meen Hannes dit is raadsaam om van jou einddoel af terug te werk na dit wat gedoen moet word om die einddoel te bereik . “ Hierdie beginsel geld ook vir bemarking en produksie . Dit help nie ek produseer die beste soetrissies in Suid-Afrika maar ek het nie afset vir my produkte nie . Ek moet produseer volgens die behoefte wat in die mark bestaan . Die wie , waar , wanneer en hoeveel in die mark , gaan bepaal wanneer , hoe en hoeveel ons moet produseer .”
1 .
1 . Hannes het klein en nederig begin boer en geleidelik uitgebrei . Harde werk en toewyding stel hom vandag in staat om steeds uit te brei .
23 MARKtoe ! Julie 2023