LANDBOU
1 .
Hannes meen die beste besluite oor tegnologie wat hy nog geneem het , is in verband met die pakhuis en die gebruik van die regte spuit- en besproeiingstoerusting . Hy verduidelik dat die optiese gradeerders in die pakhuis ’ n groot bydrae lewer tot ’ n beter produk op die winkelrakke en in die verbruiker se kosmandjie . “ Die moderne pakhuistegnologie help ons om die kwaliteit van die eindproduk te verbeter tot voordeel van die verbruiker .”
1 . Soetrissies word vir 10 maande van die jaar gepluk – van April tot Januarie .
22 MARKtoe ! Julie 2023