MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 21

LANDBOU

om te verhoed dat die plante te bosagtig raak en kleiner vrugte produseer .

“ Ons gebruik geweldig baie tou . Die toue moet elke twee jaar vervang word omdat dit gou in die hitte verbrokkel .” ’ n Vinnige som daar onder die skadunet het gewys dat Hannes tans omtrent 6 350 km tou onder die skadunet gespan het .

“ Wortelontwikkeling is geweldig belangrik . Dit gee mens net soveel meer gemoedsrus as die plante goeie wortelstelsels het wat help met die absorbering van voedingstowwe en water . Plante met goed ontwikkelde wortels kan stres later in die groeisiklus net soveel beter hanteer ,” sê Hannes .

“ In ’ n omgewing met beperkte water , gee dit my gemoedsrus as ek weet dat ons groente en sitrus sterk wortels ontwikkel het en in staat is om die beskikbare water en voedingstowwe vanuit die staanspoor goed op te neem . As ons boonop ons waterverbruik kan verminder sonder om opbrengs en plantgesondheid in te boet , is dit ‘ n groot bonus .”

1 .
1 . Die pakhuis is onlangs opgegradeer en Hannes meen dat dit een van die beste besluite is wat hy nog gemaak het .
21 MARKtoe ! Julie 2023