MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 20

LANDBOU
1 .
1 . Hannes is nog besig met uitbreidings in die boerdery en het onlangs ’ n boord Star Rubypomelo ’ s gevestig .

Hulle maak hul eie kompos wat hulle onder die nette saam met biologiese produkte gebruik om die grond op te bou en te verbeter . Vir Hannes is die plaas nie net ’ n stuk grond nie . “ Ons plaas is meer as net grond – dit is ons en ons werksmense se lewens . Alles wat ons vandag doen , is daarop gemik om iets beters vir ons kinders na te laat .”

Hulle plant die rissies in 3 ha blokke met ongeveer 32 000 plante / ha .

Daar word twee plante per drupper op die drupperlyn op die bankie geplant waarna hulle twee van die sterkste stamme per plant kies om met vertikaal-gespande toue op te lei wat dan die vrugte dra . So kry hulle groter en beter vrugte . Die groeipunte van ander takke word voortdurend afgebreek