MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 19

LANDBOU
1 .

produksiepraktyk aangepas is .”

Letsitele is ’ n warm area wat beteken dat Hannes die rissiesaailinge in tweeweeklikse sarsies vanaf Februarie tot aan die einde van Mei kan plant . Aan die begin van die plantseisoen doen Hannes grondanalise en die bemesting word noukeurig daarvolgens uitgewerk . Om die plaas produktief te hou , rek Hannes die oesseisoen so lank as moontlik uit en pluk hulle rissies van April tot Januarie .

Die beskikbaarheid van water is een van die belangrikste aspekte wat hy noukeurig moet bestuur . Die plaas ontvang gemiddeld 460 mm reën per jaar en aanvullende water word deur drupbesproeiing toegedien . Vogmeters is oral op die lande aangebring en die besproeiingskedule word daarvolgens opgestel . “ Omdat water skaars is in ons omgewing , moet ons dit deeglik en intensief bestuur . Ons het ’ n laevloeistelsel geïnstalleer en gebruik Irricheck om te verseker dat ons nie oorbesproei nie .”

1 . Volgens Hannes baat dit nie om af te skeep wanneer dit kom by die gehalte van saad , gesonde saailinge en bemesting nie .
19 MARKtoe ! Julie 2023