MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 18

LANDBOU

vrouens groter sukses behaal . Hulle werk sagter en fyner .”

Hulle verbou 31 ha rooi en geel soetrissies onder nette . In 2019 het hulle ook met tamaties begin boer en sedertdien van 80 000 bokse tamaties na 460 000 bokse per jaar gegroei . Hy het 6 ha tamaties wat hy onder insekwerende nette verbou .

In 2020 het Hannes verder uitgebrei en suurlemoenboompies geplant wat later aangevul is met Star Ruby-pomelo ’ s . Tans is daar 42 ha onder sitrus en die eerste sitrus sal in 2024 geoes word .

“ Ons beplan om meer sitrus te plant , maar moes die afgelope paar jaar konserwatief uitbrei weens die waterskaarste in die Letsitele- omgewing ,” verduidelik Hannes . “ Soetrissie is ’ n hoëwaarde produk wat op ’ n relatiewe klein area verbou kan word . Ons verbou gehalterissies in terme van vorm , kleur , gehalte en raklewe en ek het gou geleer dat dit nie baat om af te skeep wanneer dit by saad en bemesting kom nie . Insette en arbeid is duur , maar mens moet maar die regte balans vind tussen dit wat jy spandeer en jou wins ,” sê Hannes .

Hy koop die saad aan wat hy dan aan ’ n kwekery verskaf wat die saailinge vir hom produseer . “ Kultivarkeuse en saadkwaliteit speel ’ n groot rol . Mens moet seker maak dat jy die regte kultivar plant , een wat vir jou omgewing en

1 . Baie tou word in die tonnels gebruik om die groenrissieplante vas te bind en op te lei . ’ n Vinnige som dui aan dat dit twee keer heen en weer van die plaas na Kaapstad gespan kon word .
1 .
18 MARKtoe ! Julie 2023