LANDBOU
Hannes sê sy pa het ’ n groot rol in sy lewe gespeel . “ My pa het ons reg gekry vir die grootmenslewe . Hy het ons geleer om verantwoordelikheid te aanvaar , om nie weg te skram van uitdagings nie , om vas te byt , hard te werk en jou beste te gee . Hierdie lewenslesse het ’ n massiewe rol in my lewe gespeel . My pa is in 2016 oorlede en vandag speel my broer Riaan ’ n groot rol , nie net in die boerdery nie , maar ook in my lewe . Hy sien die wêreld anders as ek , uit ʼ ’ n finansiële en sakebenadering . Dit bring ’ n ander perspektief na ons boerdery .”
En hier word lekker saamgeboer ! Waar Hannes fokus op produksie ,
hanteer Riaan die bemarking en die pakhuis . Riaan se vrou , Joelene , hanteer die finansies , terwyl Hannes se vrou , Ceala , verantwoordelik is vir arbeid en algemene kantooradministrasie . Elkeen vervul ’ n kardinale rol .
In die boerdery self is twee vrouebestuurders aan die stuur van sake . “ Ek is veral beïndruk met hulle arbeidsbestuur en noukeurige papierwerk ,” se Hannes . Hulle gebruik grotendeels vroue uit die omgewing vir werk in die boorde en lande . “ Wanneer daar aan plante gewerk word , of dit nou snoei of oes is , verkies ons dat vrouens hierdie take hanteer . Ons het gesien die
1 . Groenrissies word op grond van vorm , kleur , gehalte en raklewe beoordeel .
17 MARKtoe ! Julie 2023