MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 16

HANNES WOLVAARDT - Jongboer mik na hoër hoogtes
LANDBOU
1 .

HANNES WOLVAARDT - Jongboer mik na hoër hoogtes

Hannes Wolvaardt wou nog altyd boer en hy het bewys dat dit moontlik is om met niks van onder af te begin .

Tien jaar gelede het Hannes met sy motor uit sy studentedae en geleende werktuie op 3 ha huurgrond in die La Cotte-omgewing naby Letsitele met soetrissies begin boer . In 2019 het sy broer Riaan by hom aangesluit en vandag boer die twee Wolvaardt-broers op 102 ha met soetrissies , tamaties en sitrus .

In 2018 en in 2022 is Hannes deur Agri Limpopo as hul Jongboer van die Jaar bekroon . Die sukses wat die twee broers die afgelope dekade met hul harde werk en toewyding behaal het , het die deurslag gegee en hulle is in 2022 as die Agri SA Jongboer van die Jaar aangewys en daardie trofee pronk in die Wolfaardtboerdery se uitstalkas .

1 . Hannes Wolvaardt het op skool ‘ n hoenderboerdery gehad . Sy toegewydheid het daartoe gelei dat hy in 2022 as Toyota Agri SA Jongboer van die Jaar gekroon is .
16 MARKtoe ! Julie 2023