MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Page 84

PEKANNEUTE
PEKANNEUTE

GERRIE VAN WYK | VAALHARTS PECANS MARKETING

Gerrie van Wyk van Vaalharts Pecans Marketing sluit by ons aan. As opgeleide chemiese ingenieur wat die rat race verlaat het om voltyds te boer, is hy ideaal geplaas om ook by die verwerkings- en bemarkingskant van pekanneute betrokke te wees.

“ Ons boer self met pekanneute, maar ook met grondboontjies, en het beide’ n grondboontjie- en pekanneutverwerkingsaanleg hier op Hartswater.

“ Toe die verskillende landboubeheerrade in die 1990’ s ontbind is, het ons direk begin uitvoer en verwerkingsfabrieke opgerig. Sedertdien voer ons pekanneute hoofsaaklik na China uit – omtrent 95 % van ons opbrengs. Dit word in die dop uitgevoer en verder verwerk en versprei. Daar is’ n groot aanvraag vir Suid-Afrikaanse pekanneute in China, hoofsaaklik danksy ons goeie gehalte produkte, maar ook omdat ons die pekans in die regte vensterperiode aan hulle kan verskaf,” vertel Gerrie.

11. Gerrie van Wyk van Vaalharts Pecan Marketing en sy regterhand, Thami Geco, by hul aanleg buite Hartswater.

11.

84 MARKtoe! Februarie 2026