PEKANNEUTE
PEKANNEUTE
“ Dan, oor die volgende min of meer drie weke tot middel November, vind bestuiwing en vrugset plaas – natuurlik met variasie tussen kultivars. Dan het jy klein vruggies van sowat 5 – 8 mm, en hulle ontwikkel teen die einde van Desember tot vrugte wat in die eerste naset-groeifase tussen 15 mm en 20 mm wissel. Groot groei vind daarna plaas tussen Januarie en Februarie, met neutvergroting en die vulfase totdat volle grootte bereik is en kernvorming plaasvind.
82 MARKtoe! Februarie 2026