Hardus se pa, Wimpie, wat hul kommersiële plaas bedryf, ver-duidelik hoe die seisoene in die pekanneutbedryf werk. Hy was voorheen’ n navorsingstegnikus by die Kleingraaninstituut van die LNR en vertel dat 97 % van hul boerdery uit pekans bestaan, met die res wat lappies lusern en’ n paar beeste huisves.
“ Ons het nie hier plaasname nie, net perseelnommers. Die 2E2 Hartswater is baie onpersoonlik – hier is jy net’ n nommer,” spot Wimpie.
“ Die bome bot middel September en dan begin die eerste fase van groei. Die manlike blommetjies ontwikkel dan tesame met die groei van nuwe lote, waarop die vroulike blomme teen middel Oktober vorm.