PEKANNEUTE
PEKANNEUTE
9.
9. Daar is heelwat droë plantmateriaal onder die rye pekanneutbome. Dit word bymekaar gemaak en die neute word uitgesoek.
van pekanboorde.
“’ n Belangrike ontwikkeling tans wat’ n groot invloed op die waterbestuur vir die pekanneutbedryf kan inhou, is die herklassifikasie van die Oranjerivier. SAPPA, tesame met ander belangegroepe, lewer insette wat ingesluit word in’ n verslag wat aan die nasionale regering voorgelê word oor die invloed van die verskillende bestuursopsies vir landbouwater uit die Oranjerivier,” vertel Hardus.
Hardus verduidelik verder dat SAPPA, buiten navorsing oor waterverbruik en boordbestuurspraktyke, ook kyk na die invloed van insekte en siektes op pekanneutboorde, en klem lê op oesverbetering deur na bestuiwing en vrugset te kyk. Goeie vrugset is waar die potensiaal van die seisoen bepaal word.
Dit kos byna R100 000 om een hektaar pekanneutbome te vestig, en oeste begin eers ná die vyfde jaar. Volle produksie kom eers ná ongeveer 12 jaar behoorlik aan die gang. In Vaalharts is daar ongeveer 16 500 ha pekans, wat’ n bietjie meer as
MARKtoe! Februarie 2026 79