MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Page 78

PEKANNEUTE
PEKANNEUTE

behartig. In 1997 is die meeste pekannavorsing by die LNR ongelukkig gestaak.

“ Met aanplantings in die weste van Suid-Afrika wat sterk groei getoon het, het dit nodig geraak om weer produksienavorsing op die been te bring, en produsente het in 2011 besluit om aansoek te doen vir’ n statutêre heffing sodat navorsing en ander belangrike bedryfsaksies befonds kan word,” verduidelik hy.

SAPPA se studies oor waterverbruik was lank’ n fokuspunt, nie omdat daar’ n tekort aan water was nie, maar omdat goeie water- en sonligbestuur 85 % van die bestuurspraktyke uitmaak en die sukses by pekans bepaal. In vroeër jare het die meeste produsente in Vaalharts van vloedbesproeiing uit die kanale gebruik gemaak, maar nou gebruik min of meer’ n derde reeds druppers, nog’ n derde mikrospuite wat tussen 50 % en 60 % van die boordvloer benat, en die ander derde gebruik spuite wat die volle oppervlak dek. Vloedbesproeiing word ook steeds benut, maar slegs op’ n baie klein gedeelte

8. Jong pekanneute vorm in trossies aan die takke.

8.

78 MARKtoe! Februarie 2026