MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Page 77

PEKANNEUTE
PEKANNEUTE

7.

7. Die hoofkanaal van die Vaalhartsskema het verskeie vertakkings waardeur water na individuele produsente se plase afgelei word.

Water is nie skaars nie, maar bestuur is alles

Hardus verduidelik dat besproeiing een van die belangrikste faktore is in die verbouing van pekanneute, alhoewel daar talle ander faktore is wat ook’ n rol speel in suksesvolle produksie, soos insekbeheer, boordvloerbestuur en sonligbestuur.

“’ n Mens kan ook te veel water gee, maar met SAPPA se navorsing oor waterverbruik en wat die werklike verbruik van bome is, kan doeltreffende bestuurstelsels ingespan word. Elke boom gebruik in piektyd sowat 600 L water per boom per dag in die Vaalharts-omgewing – dit is natuurlik evapotranspirasie, met die boom se watergebruik en verdamping ingesluit. Ons doen al langer as 10 jaar navorsing oor doeltreffende waterbestuur in pekanneutboorde in verskillende produksiegebiede, soos by Jacobsdal, Cullinan en Groblers-hoop. Die verbruik wissel seisoenaal en van jaar tot jaar, terwyl die maksimum verbruik ook van dag tot dag kan wissel, na gelang van omgewingsomstandighede. Met SAPPA se stigting in 1991 het die LNR in Nelspruit steeds pekanneut-navorsing

MARKtoe! Februarie 2026 77