PEKANNEUTE
PEKANNEUTE
boomaanplantings oor die jare. In 2016 is 490 000 bome aangeplant; dit het gegroei tot 580 000 in 2017. Daarna was daar’ n effense daling in aanplantings, maar sedert 2024 is daar weer 290 000 geplant en in 2025 220 500 bome,” verduidelik Hardus.
Suid-Afrika se bydrae tot die globale pekanneutbedryf is eintlik maar klein en het in 2022 sowat 10 % van die totaal beloop. Dit het betekenisvol gegroei tot 12 % in 2024 en’ n geskatte 16 % verlede jaar –’ n duidelike teken van die bedryf se groei. Binnelands het die pekanneutbedryf oor die afgelope 10 jaar meer as vervierdubbel. Produksie het gestyg van 10 968 t neut in dop in 2016 tot 50 250 t verlede jaar.
“ In hierdie produksie speel die Vaalhartsstreek’ n beduidende rol. Verlede jaar het die streek hom gevestig as Suid- Afrika se grootste pekanneutproduserende streek, met’ n oes van 25 700 t – meer as die helfte van Suid-Afrika se totale peka-produksie. Oor die voorafgaande vyf jaar het die streek se neutlewering tussen 51 % en 55 % van die totale oes uitgemaak,” sê Hardus.
6.
6. Hardus du Toit, tegniese bestuurder van SAPPA, en sy pa Wimpie( links), in een van hul pekanneutboorde op hul plaas by Hartswater.
76 MARKtoe! Februarie 2026