MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Page 75

PEKANNEUTE
PEKANNEUTE

Kultivars: van’ n mengelmoes na’ n duidelike voorkeur

“ Pekans het mettertyd in Vaalharts begin posvat omdat ander permanente en tradisionele gewasse uitgeval het. Baie produsente het pekans bevraagteken omdat dit onbekend was. Die eerste aanplanters was pioniers, en goeie grond, genoeg water en die regte klimaat het vestiging vergemaklik. Daar was min kultivarinligting beskikbaar en aanvanklik was boorde’ n mengelmoes van die kultivars wat wel beskikbaar was, insluitend Wichita, Choctaw, Western Schley, Pawnee en Ukulinga. Die voorkoms van laat ryp, die droogtes van die 1980’ s en 1990’ s en die verskuiwing van reënvalpatrone het die sagtevrugtebedryf en wingerdprodusente hard geslaan en daartoe bygedra dat baie van daardie produsente na pekanneute oorgeslaan het.

“ Wichita is by verre die mees algemene kultivar en lewer omtrent 65 % van die totale produksie. Kort op sy hakke is Choctaw met ongeveer 13 %, en Navaho en Western Schley wat onderskeidelik 4 % en 3 % bydra. Ukulinga verteenwoordig 3 % van die opbrengs, met Pawnee en Barton elk op 1 %. Die res bestaan uit’ n mengsel van ander kultivars.

“ Die ware omvang van die bedryf kan gesien word in die getal

MARKtoe! Februarie 2026 75