MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Page 72

PEKANNEUTE
PEKANNEUTE

4.

4. Die pekanneute en ander plantmateriaal word meganies in rye bymekaar gevee nadat dit van die bome geskud is, en word dan deur die siftingsmasjiene opgetel en van afvalmateriaal geskei.

Vaalhartsskema: die basis vir Hartswater

Synde die grootste besproeiingskema in die suidelike halfrond, is die Vaalharts-skema die hartklop van die bedryf en is dit al sedert 1934’ n lewensaar vir menige gewasprodusente. Die breinkind van Cecil John Rhodes en aanvanklik deel van sy Kaap tot Kaïro-droom, is die skema gebou in’ n vallei gevorm tussen die Vaal- en Hartsrivier, sowat 80 km noord van Kimberley. Dit het onder meer tot die stigting van die dorpie Hartswater gelei.

Na’ n lang aanloop en vele ondersoeke is die kanaalstelsel gebou met 100 km van die hoofkanaal, 180 km sekondêre kanale, verskaffingskanale van 540 km, KB-kanaal van 320 km en stormwater- / dreineringskanale van 300 km, alles van sementbeton. Die Vaalharts-besproeiingskema se hoofkanaal is’ n enkele, deurlopende kanaal met konstante afwaartse vloei, alles op gravitasie en gemiddeld 6 m tot 8 m wyd.

72 MARKtoe! Februarie 2026