PEKANNEUTE
PEKANNEUTE
Om die pekanneutbedryf kortliks te beskryf, is byna onmoontlik. Net soos wat die belegging in pekanneute’ n langtermynbesluit is, neem dit tyd om die A – Z van die bedryf te probeer begryp.
Gelukkig is daar mense soos Hardus du Toit, tegniese bestuurder van SAPPA, die Suid-Afrikaanse Pekanneut-produsente-assosiasie NPC, wat die bedryf van voor tot agter ken. Hy was in die beginjare saam met die organisasie en ken die binnewerking van die organisasie, maar veral ook van die pekanneutbedryf, tot in die fynste besonderhede.
Maar om dit behoorlik in perspektief te stel, is dit nodig om vinnig na die omgewing van die hartklop van die Suid-Afrikaanse pekanneutbedryf te kyk – die Hartswater- en Vaalharts-omgewing in die Noord-Kaap.
2. 3.
2. Dekgewasse tussen die rye help met waterbesparing en om grondgesondheid te handhaaf. 3. Rye pekanneutbome – sommige produsente verkies om geen gewasse tussen die rye te plant nie, terwyl ander wel dekgewasse saai.
MARKtoe! Februarie 2026 71