LANDBOU
LANDBOU
1.
WILLIAM HARVEY | HARVEY CATTLE RANCHES
William, sy vrou Reinette, en hul vier kinders is die vierde geslag op die plaas.“ My oupagrootjie het hier ingetrek, my oupa het ook hier geboer, en in 1981 het my pa, Keith, ook hier begin boer. Ons is eintlik Engels, maar gelukkig kon ons Afrikaanse vroue trou en nou is almal lekker tweetalig,” spot hy.
William vertel dat hier aanvanklik groot met grond-boontjies geboer is, maar toe die ekonomie van skaal begin skeeftrek, en met die verval van die beheer en bemarkingsrade in 1991, het hulle voluit met beeste begin boer.
1. William Harvey is nie alleen’ n Bovelderteler by uitstek nie, maar ook Noordwes se Jongboer van die Jaar.
MARKtoe! Februarie 2026 7