MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Page 66

WINKEL
WINKEL

mettertyd uitgebou tot sowat 200 vandag. Hy is’ n gereelde klant by Agrimark Vryburg.“ Hier kry ek mense wat my verstaan en wat saam met my planne maak,” sê Ivan.“ As ek iets soek, help hulle my om dit reg te kry – en dit maak’ n groot verskil as jy besig is om jou boerdery tree vir tree uit te bou.”

Alles vir plaas en huis onder een dak

Ander produkte soos kraggereedskap, huishoudelike produkte, verf, stap- en waterstewels, asook beskermende oorpakke, is van die gewildste produkte in die winkel. Hondekos bly ook baie gewild terwyl die besproeiingsafdeling items soos verskillende groottes pyp en verskeie waterpompe aanbied.

17. Rebecca Kutjina-Uzoho staan gereed met’ n glimlag by die toonbank om klante te bedien sodat hulle vinnig kan laai en ry.

17.

66 MARKtoe! Februarie 2026