MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Page 65

WINKEL
WINKEL

16.

16. Die huishoudelike afdeling bied alledaagse noodsaaklikhede.

Kleinskaalse produsente bou aan môre

Tumelo sien spesifiek om na die behoeftes van die groot getalle kleinskaalse produsente in die streek en hy het reeds noue bande met hulle opgebou.

“ Met die ondersteuning van verskaffers van veemedisyne en veevoer, het ons verlede jaar’ n boeredag vir kleinskaalse produsente aangebied en 151 produsente het die suksesvolle dag bygewoon. Vanjaar sou ons dit weer in Junie aanbied en ook ons eie boeredag in Mei, maar nou sal ons maar eers moet wag en sien hoe die situasie met bek-en-klouseer ontwikkel,” sê Anáda.

Tydens’ n besoek aan Ivan Tsepamo se plaas het die span eerstehands gesien hoe kleinskaalse produsente met deursettingsvermoë groei. Ivan het sy beesgroep van 20 diere

MARKtoe! Februarie 2026 65