WINKEL
www. agrimark. co. za Volg @ agrimark op:
WINKEL
Hout- en ysterpale, draad en elektriese beeswagterdraadstelsels word ook saam met boubenodigdhede soos deur- en vensterrame, dakplate en ander boumateriaal verkoop. Watertenkstelsels is in groot aanvraag, terwyl motorbatterye tans baie gewild is. Deesdae is huishoudelike gas ook in groot aanvraag en leë gasbottels kan teen uiters kompeterende pryse vir volles geruil word.
Synde beeswêreld, is daar’ n verskeidenheid produkte waarmee biltong gemaak word, soos speserye, slag- en vleismesse en vleisbakke. Daar is ook brandysters om beeste en bokke mee te merk en die oondjies wat gebruik word om die ysters te verhit. Merkerplaatjies, neusringe en prodders – alles wat nodig is vir veeboerdery, is hier beskikbaar. En die talle perdeliefhebbers sal ook saals, tooms en stiebeuels op die winkel se rakke kry.
By Agrimark Vryburg kom mense in, groet eers en drink’ n koppie koffie. Daarna begin die gesels oor werk en planne – die natuurlike manier hoe mense van hierdie geweste saam sukses smaak.
Vryburg Industriastraat 4, Vryburg, 8600 | Tel: 053 927 3246
www. agrimark. co. za Volg @ agrimark op:
MARKtoe! Februarie 2026 67