WINKEL
WINKEL
Tydens ons besoek breek die nuus dat die streek onder kwarantyn geplaas is weens die bek-en-klouseer-epidemie, met onmiddellike staking van veevervoer.
Malcolm Kock, een van die winkel se gereelde besoekers vanweë sy betrokkenheid by Andre de Kock en Seun-veeveilings, kom by die kantoor in en vertel van die invloed wat die siekte op die veilingsbedryf het.“ Dit gaan ons, die veeprodusente en die veeveilingsbedryf derduisende rande kos,” verduidelik Malcolm.“ Ons het weeklikse veilings waartydens
10. 11.
10. Hoefysters is ook op die rak,’ n praktiese voorsiening vir’ n gebied met baie perde. 11. Vir viervoetvriende is daar’ n wye reeks kos, beddegoed, gesondheidsprodukte en speelgoed beskikbaar.
honderde diere verhandel word. Nou mag niks vervoer word nie en is die veilings vir die afsienbare toekoms gekanselleer. En dit het’ n rimpeleffek op die ekonomie van die streek, want besteebare inkomste van soveel mense word negatief beïnvloed. En dit gaan vir die volgende drie maande so aanhou. Dit is’ n ramp wat ons produsente nou tref,” meen hy.
MARKtoe! Februarie 2026 61