WINKEL
WINKEL
8. 9.
8. Ina van Tonder help in die veemedisyne-afdeling sodat produsente vinnig die regte produkte kan kry. 9. Maruska van Wyk met’ n perdesaal, deel van die winkel se wye reeks toerusting vir perde.
In die hart van die beeswêreld
Agrimark Vryburg is in die hartjie van die land se beeswêreld en is uitstekend toegerus om produsente met’ n wye reeks veevoer en ander hoëkwaliteit veeprodukte te ondersteun. Veevoer word selfs op plase afgelewer, so ook lekke vir beeste, skape en wild, asook afrondings- en energieprodukte. Die winkel hou ook dosering-, opgiet-, aanmaak- en inspuitbare middels vir parasietbeheer, vitamiene en medisyne aan, buiten dié wat wetlik slegs deur veeartse voorgeskryf en toegedien mag word.
60 MARKtoe! Februarie 2026