MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Seite 59

WINKEL
WINKEL

Dit is bedrywig op die warm somermiddag en selfs die kraaie gaap nie eens meer nie. Produsente uit die hele Noordwesstreek, tot sover as Stella, Leniesdeel, Piet Plessis, Ganyesa, Pudimoe en Hartswater, kom doen hier aan vir hul noodsaaklikhede –’ n radius van om en by 300 km van Vryburg af.

Wanneer sekere produkte nie in voorraad is nie, maak Agrimark Vryburg op die ondersteuning van Agrimark Kuruman, hul naaste buurwinkel, staat. Omdat hulle’ n uitgestrekte geografiese gebied bedien, werk hulle saam om hul hulpbronne en voorraad tussen winkels te bestuur om te verseker dat klante kry waarna hulle soek.

7. Omheiningstoerusting soos yster- en houtpale en draad bly noodsaaklik vir kampbestuur en plaasveiligheid.

7.

MARKtoe! Februarie 2026 59