MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Page 49

LANDBOU
LANDBOU

beginsel word ook in my beeskudde toegepas en sodoende kry ek’ n verbeterde kalfpersentasie,” verduidelik Kobus.

Hul lodge, wat aanvanklik ontstaan het om die biltongjagters te akkommodeer, het ook ontwikkel tot’ n venue wat troues en funksies aanbied. Die lodge is nie 24 / 7 oop nie en sy vrou, Moira, is grootendeels verantwoordelik vir die bestuur daarvan.

“ Die troues en funksies is spanwerk tussen ons almal; tot my ma, Dannie, word nog ingespan. Dis ons passie en weerspieël my liefde vir my gesin en dat ons die besighede as’ n familie saam bedryf,” vertel hy.

Kobus sê hy kom met min slaap klaar en daar is min dinge waaroor hy spyt is. Hy erken dat hy baie foute gemaak het, maar niemand is tog volmaak nie.

“ Die belangrikste is om jou foute te erken en veerkragtig te wees om dit te herstel. Deur foute te maak leer ons en

MARKtoe! Februarie 2026 0