MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Página 48

LANDBOU
LANDBOU

Waardetoevoeging en familie as kern

Om die een geleentheid na die ander raak te sien om sy besighede uit te brei, is Kobus se forté. Hy glo aan optimale waardetoevoeging tot dit wat jy tot jou beskikking het. Aan die landboukant plant hy hoofsaaklik mielies onder besproeiing vir die voerkraal om te sorg dat hy voldoende voer vir sy diere het. Van die mielies word ook deur die meule wat op die plaas is, gemaal tot mieliemeel wat hy op kleinskaal verkoop. Die chop van die mielies, eintlik’ n afvalproduk, gebruik hy tesame met akkerboontjies en mielies om wildskorrels in sy eie pilaanleg te maak. Dit word spesiaal vir die teelwild voorberei. Vir hom is dit’ n wen-wen-situasie, want sy diere kry gehalte-byvoeding van produkte van sy eie landerye.

“ Gedurende die wintermaande produseer ons tussen 30 t en 40 t wildskorrels per maand slegs vir eie gebruik.

“ Gedurende die wintermaande produseer ons tussen 30 t en 40 t wildskorrels per maand slegs vir eie gebruik. Ons teelwild word in spesifieke teelkampe gehou en die diere kry hoofsaaklik die wildskorrels, terwyl die ander vlaktewild meestal van die veld lewe en’ n bietjie mieliereste bykry. Die regte voeding is die grootste faktor in enige dier se lewe, en ek het dit tydens’ n besoek in Australië eerstehands gesien. Die

0 MARKtoe! Februarie 2026